Baie welkom by NG Eros!  Kliek hier indien u by ons wil aansluit

 

image image
2012: Maak 'n Impak Dis 'n nuwe jaar met nuwe voornemens en motiewe!  Wonder jy wat jou doel by die huis, werk en in die gemeenskap vanjaar is?  Wil jy graag 'n verskil maak en iets sinvol beteken? Eros gemeente is baie opgewonde oor vanjaar se tema: Maak 'n Impak.  Die woord Impak beteken vir elkeen van ons iets anders, en kan op verskillende maniere interpreteer word.  Hoe jy dit ookal verstaan, Impak staan uit, bring verandering mee, raak aan, is kragtig en blywend.  Ons wil jou graag nooi om hierdie reis saam met ons te beleef en vanjaar 'n merk te maak daar waar jy ookal is! Hierdie reeks skop op 22 Januarie 2012 af tydens ons Sondae-eredienste om 09:00.  Hou gerus ons program dop om meer oor elke week se aktiwiteite uit te vind. Ons stof ook die ou jaar af en gee jou ekstra woema vir die nuwe jaar met 'n Fokus Week vanaf 6 - 9 Februarie om 19:00 elke aand by die kerk.  Read the Full Story
Voornemens vir die jaar Nuwejaarsvoornemens hou nie altyd vir lank nie, maar dit is tog belangrik om aan die begin van die jaar jouself te orienteer vir die jaar en jou energie op die regte dinge te fokus.  Statistiek toon dat die volgende Nuwejaarsvoornemens baie gewild is:   1.Hou op rook 2.Raak fiks 3.Verloor gewig 4.Geniet die lewe meer 5.Vermy alkohol 6.Organiseer jouself beter 7.Leer iets nuuts 8.Raak ontslae van skuld 9.Spandeer meer tyd met familie 10. Help ander mense
   
Read the Full Story

Die week se preek

Program vir week

  • 22 - 28 Jan 2012
    clock web

    Sondag 09:00 Hoe werk verandering 
    Dr Fourie van den Berg
    Woensdag 18:00 Midweek erediens
    Aanddiens 18:30

Nuus

  • Nuwe aandkerk
    aand web
    Begin Sondag 22 Jan om 18:30.  Besoek ons op facebook.

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Ons missie

Ons verhouding tot Christus is die kern van Eros-gemeente se visie en elkeen van ons se Liefde vir God behoort daarom die sentrale fokuspunt van ons geloof te wees.  Ons betoon ons Liefde vir God op verskeie maniere.

Lees meer...

Liefde vir Ander verwys daarna dat ons 'n gemeente is vir Almal.  Ons reik op verskeie maniere uit na die wereld en mense buite die gemeente, omdat Christus Alles vir Almal wil wees.

Lees meer...

Eros-gemeente se visie is gebasseer op Kol. 3:11 wat se "ons gee om" vir mekaar.  Kom ons versterk ons verhoudings met ons gesinne en gemeentelede deur gereelde en gefokusde interaksie met mekaar. 

Lees meer...

CATS Nuus

Alles wat jy wil weet oor Kleuters en Jeug aktiwiteite!

cats eat