7 - 13 Maart 2010 PDF Print E-mail
Afkondigings - Die week se afkondigings
Thursday, 04 March 2010 00:00
kerk

Oggenddiens:    Ds Johann (Doop)
Kleuterkerk (4 jr - Graad 2):   09:00
Jnr Cats (Gr 3-7):      09:45
Snr Cats (Gr 8-12):     17:00
Aanddiens       18:00 (Lego-besprekingsdiens)
Midweek-erediens:       Woensdag 18:00
Biduur: Woensdag 18:00 (Konferensie-lokaal)
Volgende Sondag:        Ds Fourie (Nagmaal)

AANDDIENS
Sondagaand is ons eerste Lego-besprekingsdiens met 'n maatskaplike werker wat oor die probleem van straatkinders gaan kom gesels.  Kom hoor meer oor hul lewenswyse en behoeftes om 18:00.  Hierdie is die ideale geleentheid om uit te reik na die gemeenskap en die nood in ons stad aan te spreek.

WIMPY MANNEBIDUUR
Alle mans word uitgenooi na die Wimpy Mannebiduur op Vrydagoggend 12 Maart om 06:00 by Wimpy Maerua Mall.  Kom kuier saam!

KINDERHUIS HULP
Ons is dringend op soek na 'n persoon wat Woensdae-middae by Eros Kinderhuis kan help met die Graad 3-7 meisies.  Selfs al kan u net twee maal per maand help - ons het jou nodig om hierdie kindertjies te bedien! Kontak vir Ds. Ernst of Cornelia Rix (081 124 0465) indien u belangstel. 

TEKS VIR DIE WEEK
Lees hierdie week:  Psalm 63:1-8

NUWE INTREKKERS
Baie welkom by Eros! Indien u graag by ons gemeente sou wou inskakel, vul asb 'n vormpie by die deur in, of ontmoet 'n leraar na afloop van die erediens.

PREKE
Alle preke is op ons webtuiste te lees, en ook op CD/DVD by die Kerkkantoor beskikbaar.  Vir bestelling skakel: 226 157

EREDIENS-VERGADERING
Kom beplan en praat saam oor volgende Sondag se erediens.  Dinsdagmiddag 17:15 in die kerkkantoor.

UNO-GELEENTHEID VIR OUERS
Dissipline en gesag is 'n groot kopseer in vandag se tyd en ouers is dikwels raad-op oor hoe om dit in die gesinsdinamika te hanteer. Ons nooi graag alle ouers uit na hierdie besprekingsgeleentheid op Donderdag, 18 Maart 2010 om 18:00, waartydens ons die aspek van dissipline/ gesonde gesag as gelowiges wil aanspreek met praktiese raad en uitruil van idees.  Hoop om u daar te sien!

PAASFEES
Paasfees is 'n besonderse geleentheid op die kerkkalender, maar baie van ons is gewoonlik uitstedig op hierdie naweek.  Vanjaar beplan ons 'n "Paasplay" op die voorafgaande Woensdag, 31 Maart 2010 in die kerk.  Dit gaan 'n besonderse geleentheid wees en ons vra dat u dit nou reeds in u dagboek sal aanteken.

OESFEES
Vanjaar se Oesfees op 28 Maart 2010 beloof om 'n reuse fees te wees!  Dit is een van Eros se groot fondsinsamelingsprojekte en ons samel weer fondse in vir verskeie bedienings en behoeftige organisasies.  Vir vanjaar se projekte benodig ons N$600 000. Ons vertrou op u ondersteuning en bydrae, sodat ons hierdie mikpunt kan behaal en 'n verskil in die gemeenskap kan maak. 

Kaartjies vir die Mathys Roets konsert tydens die Oesfees-vieringe is nou teen N$80 pp (plus heerlike ete) by die Kerkkantoor beskikbaar.  Die program sal om 16:30 afskop met vermaak vir die kinders en lekker eetgoed te koop.  Die ete sal vanaf 18:00 beskikbaar wees en Mathys se konsert sal om 19:00 begin.  Nooi asb u vriende en familie om die dag saam met ons te deel!

CATS PRETDAG
As deel van die Oesfees, word daar op Saterdag, 27 Maart 2010 'n pretdag vir die Senior Cats op Eros Rugbyveld beplan.  Dit sluit in 7-a-side volleybal, toutrek, sokker, raakrugby en potjiekos.  Inskrywingsvorms is by Ds Ernst beskikbaar.

ANGOLA-UITREIK
Alle Graad 11 en 12's word genooi om van 14-21 Mei 2010 op 'n uitreik na Angola te gaan.  Ons soek ook nog volwassenes wat kan help ry.  Kontak vir Ds Ernst vir meer inligting en indien u kan help.

PA-EN-SEUN KAMP
Pa's en seuns van 10 tot 80 jaar - kom kamp en jag saam van 16-18 April 2010 sowat 300km buite Windhoek.  Koste is gratis, slegs eie vervoer nodig.  Kontak Ds Ernst om jul plek te bespreek!

BETERSKAP
Ons is saam met die Oosthuizens bly oor Paul se wonderlike herstel na die operasie en bid hulle alle voorspoed toe!

ONDER DIE KAMEELBOOM
Die saam-woon-gesprek is tans redelik lewendig in die geledere van die NG Kerk. Nadat Pine en Jan dit verlede week net aangeroer het, praat die ouens Onder die Kameelboom Sondag bietjie verder hieroor. Luister gerus saam! Die program Onder die Kameelboom is 'n radio-inisiatief van die NG Kerk wat Sondae om 12:00 op Kanaal 7 gehoor kan word.

JAARBOEKIES
Ons het weer 'n handige Jaarboekie saamgestel met belangrike inligting oor Eros-gemeente se visie en werksaamhede, met die weeklikse program en spasie vir notas oor elke week se preek.  Neem gerus een per gesin voor in die kerk of by die Kerkkantoor.

JACO STRYDOM BY WHK-OOS
Jaco Strydom van NG Kerk Villiera in Suid-Afrika kom gesels met die jeug oor "Hoe is jy vir Jesus" op 7 Maart 2010 by Windhoek-Oos.  Graad 4 -7's se gesprek is 17:30 - 18:30 en Graad 8-12's gesels 18:30 - 20:00.  Kom ons ondersteun hierdie geleentheid!

ONS WEBTUISTE
Eros se webtuiste, www.ngeros.com, is onlangs opdateer met heelwat nuwe afdelings.  Gaan loer gerus in vir interessante artikels, preeknotas, afkondigings en ons Forum waar u met ander kan gesels oor aktuele onderwerpe.  Ons het 'n nuwe afdeling hier  geskep waar u na hartelus u klein advertensies self kan gaan plaas!  Dit is nou enige iets van dienste en produkte adverteer tot werk soek en hulp vra!  Gaan besoek gerus www.ngeros.com en gaan na Koinonia/ Forum en plaas jou advertensies onder die afdeling Algemene Gesprekke/ Klein advertensies.  U kan ook die Kerkkantoor skakel vir meer inligting hieroor.

VERJAARSDAE
7 Maart 
Charmaine       van der Westhuizen      081 269 5808
Johan   van Lill        081 241 2227
Kobus   Lowe    253 613
Gino    Chiappini       234 369
                       
8 Maart
Erna    Müller  222 452
Björn   van den Berg    228 182
Ina             Van Zyl 235 673

9 Maart
Menanto Chamberlain     234 333
Amoré   Etsebeth       
Francois        Smit
Willem  Van der Merwe

10 Maart
Mindie  Engelbrecht     232 785
Christo Potgieter       081 127 8579
Elzet   Brenkman       
Winandri        Ludwig 
Debby Ann       Delport
Melany  Potgieter       238 088
Helene  Meintjies       081 129 1052
Elize   Ligthelm        081 245 6710

11 Maart
Nicolene        Roux    081 129 8110
Philippus       Tromp   238 558
Dirk    Steenkamp       081 129 8636
Marita  Grobler 081 291 6159

12 Maart
Nina    van Schalkwyk   223 864
Igna    Genis   081 124 5446

13 Maart
Benjamin        Singer  234 540
Zandrea Alfaiate        081 237 0071
Marita  Mostert 081 128 6430
Kirsten Tuter  
Hendrik Coetzer 081 127 0905
Jannes  Brandt  081 127 4745
Maria   Roos    081 124 1724
Henningh        Yssel   081 127 0653
Liezlmarie      Horn    238 067
Mienke  Karg    244 930

   



















 











 

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Bybel-Media

  • Matthew – the Visual Bible
    The only dramatization using the actual scriptures…word for word from the New International Version.
  • Lees-en-Leer Bybel
    Volkleur Kinderbybel met 102 Bybelverhale in \'n maklik verstaanbare lekkerlees-styl.
  • Fireproof
    Never leave your partner behind. A movie…A marriage…A movement The no.1 inspirational movie of the year