Ons verhouding tot Christus is die kern van Eros-gemeente se visie en elkeen van ons se Liefde vir God behoort daarom die sentrale fokuspunt van ons geloof te wees. Ons betoon ons Liefde vir God op verskeie maniere.
Eros-gemeente se visie is gebasseer op Kol. 3:11 wat se "ons gee om" vir mekaar. Kom ons versterk ons verhoudings met ons gesinne en gemeentelede deur gereelde en gefokusde interaksie met mekaar.
Liefde vir Ander verwys daarna dat ons 'n gemeente is vir Almal. Ons reik op verskeie maniere uit na die wereld en mense buite die gemeente, omdat Christus Alles vir Almal wil wees.