Home
Liefde vir God PDF Print E-mail
Liefde vir God - Liefde vir God
Tuesday, 16 June 2009 14:52

Ons verhouding tot Christus is die kern van Eros-gemeente se visie en elkeen van ons se Liefde vir God behoort daarom die sentrale fokuspunt van ons geloof te wees.  Ons betoon ons Liefde vir God op verskeie maniere.

Eredienste

Sondae:
Sondae-oggende om 09:00 is ons hoofbyeenkoms.

Woensdae:
Vir diegene wat naweke uitstedig is, is daar die mid-week diens wat op Woensdae om 18:00 by die kerkgebou plaasvind.

Ons het 'n babakamer aan die Noordelike sy van die kerkgebou. Alle mammas wat borsvoed word uitgenooi om daar die erediens mee te maak.

Vir ouers met kinders 2- 4jaar is daar 'n video-verbinding in die konferensie- lokaal reg bokant ons kantore ingerig met 'n volledige speelruimte en lekker leerbanke om deel van die erediens te wees.
 
Kleuter- en Kinderkerk
Kleuter- en kinderkerk is vir voorskool tot Graad 3 kinders en vind elke Sondagoggend vanaf 09:00 in die kerksaal plaas tydens die erediens.

CATS
Die graad 4 tot 12 kinders vergader elke Sondagmiddag om 17:00 by die kerksaal. Interessante onderwerpe wat van toepassing is op vandag se tiener word tydens hierdie geleenthede bespreek.  Daarmee saam word waardevolle aktiwiteite en jeugkampe jaarliks aangebied.

TOERUSTING EN OPLEIDING

Die gemeente bied lesings, besprekingsgroepe , kursusse en Bybelskole aan volgens die gemeentelede se behoefte, aanvraag in die gemeenskap en volgens die tendense in die land en wêreld.  Hierdie geleenthede is kruiskultureel en interkerklik.  Een van hierdie kursusse is die Gawekursus wat ‘n ontdekking is van die geestelike gawes wat God vir mense gegee het om Hom te verheerlik en die gemeente te bedien.

 

 

Warm nuus

Vers vir die Dag