|
Algemene Agtergrond Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Eros is in Windhoek, die hoofstad vanNamibië, geleë. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit die woonbuurte van Eros enKlein Windhoek, alhoewel ‘n beduidende hoeveeheid lidmate van aangrensendeen ander woonbuurte van Windhoek ook by die gemeente inskakel. Die gemeentehet ongeveer 1300 belydende en hoofsaaklik Afrikaanssprekende lidmate, asookdrie predikante en werk op die missionêre beginsels van missio dei.  Ons Visie - Christus Alles in Almal Die visie is afkomstig vanuit die teksvers Kol. 3:11: “Ons gee om sodat Christusalles in almal kan wees.” “Ons” impliseer : dat die kerk sy oorsprong in God drie-enig het en aan Hom alleen behoort en dat ons identiteit in Hom drie-enig is. dat ons 'n missionêre gemeente is wat deur sy roeping (visie en missie) gedryf word. die lidmate, persone wat die eredienste bywoon en wat betrokke is en meelewend die visie van die gemeente ondersteun.
“Gee om” impliseer: "Sodat” impliseer: dat die gemeente nie 'n doel in sigself is nie, maar 'n middel tot 'n groter doel. Ons is nie net in die eerste plek daar vir ons eie behoeftes as lidmate nie, maar primêr vir die gemeenskap met sy eietydse kwessies, behoeftes en nood binne die konteks waar ons deur die Here geplaas is. dat die fokus van ons omgee primêr na dié buite die familie van God gerig is omdat God sy lewe vir die wêreld gegee het. dat lidmate tot dissipelskap gelei en begelei sal word om Christus se mond, oë, ore, hart en hande te wees. dat ons 'n akkommoderende gemeente sal wees in 'n multikulturele gemeenskap. dat ongeredde persone Jesus as verlosser aanneem, gereddes 'n persoonlike verhouding met Jesus sal hê, en mense wat buite die familie van God is in die gemeenskap van gelowiges opgeneem sal word; dat lidmate bemagtig moet word om in die styl en gesindheid van Christus diensknegte in die wêreld te wees.
“Alles” impliseer: dat Jesus Christus eerstens alles in ons lewens sal wees as: dat Christus jou in jou leefwêreld roep om: die kennis van die evangelie te versprei: Profeet – konneksie met God sy liefde deur te gee aan alle mense in die huis: Priester – konneksie met mekaar op te staan vir reg, billikheid en vrede: Koning – konneksie met die wêreld en nood
dat die gemeente deur die Woord, sakramente, gawes, kleingroepe en samekomste (waar mense saamwerk) hul taak verder voer. dat die Heilige Gees nuwe lewe bewerkstellig deur vyf kanale om tyd te gee vir God in aanbidding (in die eredienste, lofprysing, gebed, drama en die kunste) - Leitourgia, om tyd te gee vir verlorenes deur die Woord (in die prediking, evangelisasie, sending) - Kerugma, om tyd te gee vir ander/mekaar (in die kleingroepe, persoonlike besoeke, gemeente etes, oesfees, kommunikasie en ekumeniese gesprekke) -Koinonia, om tyd te gee vir diens aan ander (in die versorging van senior mense, siek mense, straatmense, HIV positiewe mense deur en in ons gawes) - Diakonia, om tyd te gee vir lering en toerusting (met kursusse, Bybelskole en spesiale aandag aan nuwe intrekkers)
“Almal” impliseer: Hoe doen ons dit? Die gemeente werk op 'n eenvoudige beginsel van 3 bene om uiting aan sy missionêre karakter en visie te gee: Liefde en konneksie tot God Liefde en konneksie tot Mekaar en Gemeente Liefde en konneksie tot Ander en Nood
|