| Kleingroepe |
|
|
|
| Tuesday, 08 September 2009 10:33 |
|
Eros-gemeente se Kleingroep-bediening het weer vlam gevat en met die koms van 'n nuwe seisoen wil ons graag die nuwe verskeidenheid Kleingroepe in die gemeente bekendstel. Stel u belang in 'n bybelstudie groep, omgee-groepie, vriende-groep, gebedsgroep, studie-groep of besprekingsgroep? Daar is 'n kleingroep vir elke smaak en behoefte in Eros-gemeente! Kontak asseblief die Kerkkantoor en gee u besonderhede deur. Fourie van den Berg en Marita Grobler sal u bystaan met die inskakeling by 'n gepaste groep. Hoop u skakel hierby in om sodoende die mense rondom u beter te kan leer ken! Dit is 'n vertakking van ons gemeente-beginsel "Liefde vir Mekaar". |