Home
Welkom Tuis!

Welkom tuis by NG-Eros!  Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Eros is in Windhoek geleë en het sowat 1 700 lidmate op die register.

Ons gemeente se strategie berus op drie beginsels, naamlik Liefde vir God, Liefde vir Mekaar en Liefde vir Ander, soos elders op hierdie bladsy verduidelik. 

Indien u graag meer oor ons sou wou weet of by ons gemeente sou wou inskakel, stuur gerus 'n e-pos aan elsabe@ng-eros.com

Liefde vir Ander PDF Print E-mail
Liefde vir Ander - Liefde vir Ander
Tuesday, 16 June 2009 14:52

Liefde vir Ander verwys daarna dat ons 'n gemeente is vir Almal.  Ons reik op verskeie maniere uit na die wereld en mense buite die gemeente, omdat Christus Alles vir Almal wil wees.

Imago Dei
Imago Dei is ‘n instelling wat korporatiewe sosiale investeringsprojekte en donateursfondse namens maatskappye, besighede of organisasies bestuur.  Die instelling spreek gemeenskapsprobleme aan deur die proses van korporatiewe bydraes te vereenvoudig en maatskappye die gerustelling te gee dat hierdie bydraes effektief toegewend en allokeer is na sake wat deur hulle geidentifiseer is.

 Rainbow Pre-primer
 Omega Helpline for Restoration
 Beautiful Kidz
 Okahandja Park Naaldwerkprojek
 Alpha/ tronkbediening
 Men on the Side of the Road
 Christian Welfare Organisation
 Christian Faith Impact Ministries
 AKM
 Spensprojek

Missio Dei

Diens van Barmhartigheid
 Alpha
 Eroskroon Tehuis
 JT Potgieter Tehuis
 Huishulp-projek
 Eros-kinderhuis
 Maerua-kinderhuis
 Allimentasie
 Vloedrampfonds
 NOAH

Missionele Projekte
 Alpha/ Tronkbediening
 Christian Faith Impact Ministries
 Men-on-the-side-of-the-road
 Christian Welfare Organisation
 Beautiful Kidz  Namibia
 Naaldwerkprojek
 Imago Dei
 AKM
 Spensprojek

Sending
Boesmanland
Sjina
Okamahuka

Indien u een van hierdie spesifieke instansies sou wou ondersteun, of u maandelikse dankoffer spesifiek daarvoor sou wou aanwend, is u welkom om sodanige reeling met die Kerkkantoor te reel.

Kings Park
Kings Park is ‘n partytjie area op die kerkperseel wat beskikbaar gestel word vir die gebruik deur gemeentelede sowel as die publiek. Hierdie kinderpark word gebruik as ‘n fondsinsamelingspoging deur Eros. Daar is ‘n springkasteel/glybaan wat op die gras opgeslaan kan word, skopfietsies en partytjiepakkies op versoek beskikbaar.  Die area kan teen N$400-00 per dag vir kinderpartytjies gehuur word.  Kontak gerus vir Soekie Meyer by 0811247480 indien u sou belangstel om dit te huur.

 

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Die week se preek

  • Sit deksel op begeerte (15 Aug 2010)

    prism

     

    LEES EKSODUS 20 , MATTEUS 5:14-16 EN EFESIëRS 5:6-14

    Uit die reaksie wat ons gekry het, is dit duidelik dat die afgelope termyn se reeks vir almal spesiaal was. Baie dankie aan almal wat moeite gedoen het om in te val en die kleur van die week aangetrek het. Die samewerking en meelewing het die reeks iets besonders gemaak. Vandag sluit ons die reeks af deur alles saam te vat sodat ons iets het om saam te vat vorentoe.

    1.As ‘n mens wit lig op ‘n prisma laat skyn, word dit in ‘n reenboog van kleure opgebreek. ‘n Mens kan dit natuurlik omkeer ook en sê dat al die kleure saam dus vir ons by wit lig uitbring. Ons Here is lief vir en geniet verskeidenheid. Daarom is daar soveel verskillende mense en elkeen verteenwoordig ‘n ander kleur. Daar is niks mee verkeerd dat ons verskillend is, dink en doen nie. Maar wanneer dit by die (Here se) kerk se werk kom, moet ons ‘n eenheid vorm sodat die wit lig die duisternis van die wêreld kan verdryf. Ons het juis die verskeidenheid van kleure nodig om saam wit lig te kan verskaf, maar dan moet ons saamstaan en saamwerk.

Die week se afkondigings

  • 5 - 11 September 2010

     blom 1

    Sondag Oggenddiens      09:00   Ds Johann

    Kleuterkerk (4-8jr)     Begin 12 Sept  

    Jnr Cats (Gr 3 - 6)     Begin 12 Sept   
    Snr Cats (Gr 7 - 12)    Begin 12 Sept   
    Aanddiens: Meditatiewe diens    Begin 12 Sept   
    Woensdag: Midweekdiens  18:00   Ds Johann 
    Volgende Sondag:        09:00   Ds Fourie

    SOMERTYD BEGIN
    Namibiers gaan Sondagoggend terug op Somertyd.  Onthou asseblief om u horlosies een uur vorentoe te draai Saterdagaand, anders gaan u nie betyds vir kerk wees nie!

Bybel-Media