Home Koinonia
Koinonia: Deel met mekaar PDF Print E-mail
Koinonia - Koinonia
Friday, 02 October 2009 08:33

Welkom by hierdie afdeling van ons webtuiste! 

Wat beteken Koinonia?

Koinonia is 'n Griekse woord wat 20 keer in die Bybel voorkom.  Koinonia se primere betekenis is "gemeenskap, deel in die algemene en verbondenheid". Die eerste voorkoms daarvan in die Bybel is in Handelinge 2:42 - "Hulle het hulle heelhartige toegele op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede." Christelike verbondenheid is 'n kern aspek van die Christelike lewe.  Gelowiges in Christus is veronderstel om saam te maak in liefde, geloof en aansporing.  Dit is die kern van koinonia.

Filippense 2:1-2 verklaar dat "Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing - maak dan nou my blydskap volkome deur eengesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe."  Koinonia is die ooreenkoms met mekaar, die feit dat ons verbind is in die doel vir ons lewe.  Ons koinonia met mekaar is gebasseer op ons algemene koinonia met Jesus Christus.

Lees gerus ook: Johannes 1:6-7; Romeine 12:10; Romeine 12:16, 1 Petrus 3:8; Romeine 15:7; Galasiers 5:13; Efesiers 4:32; Kolossense 3:16; 1 Tessalosense 5:11; Hebreers 3:13; Hebreers 10:24, 1 Petrus 4:9; 1 Petrus 1:22; 1 Johannes 3:11; 3:23; 4:7 en 4:11-12.

Dit is wat ware Christelike koinonia beteken!  Kom leef dit nou uit deur deel te neem aan ons geselsforum, of deel in ons nuus en foto's.

 

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Bybel-Media