|
|
|
| Wie is ons - Leraars |
| Thursday, 18 June 2009 18:59 |
![]() NG-Eros het tans drie leraars wat die gemeente bedien. Hulle is: Dr Fourie van den Berg (Visie-draer) BA Adminissie (RAU); BD Teologie (Universiteit Pretoria); M-Div (Universiteit Pretoria); Dmin (George Fox, Portland, Oregon, VSA). "Ek staan en leef om gebrokenheid heel te maak. Ek glo dat ons elkeen 'n roeping het om dit wat ons van God gekry het, aan te wend om die wereld 'n beter plek vir almal te maak. Ons moenie net gered word nie, maar voorgaan om te red. Daar is soveel sake en aspekte nodig waarvan mense gered en gehelp moet word. Eros gemeente se lidmate is God se geskenk vir Namibie. Ons is deur God geseen om tot 'n seen vir die nasie en die land te wees. Om die rede het ons gekies om 'n missionele gemeente te wees wat nie net ter wille van onsself bestaan nie, maar ter wille van iets groters, naamlik die Koninkryk van God." Ds Johann Serfontein (Pastorale leraar) Ds Ernst Coetzee (Jeug- en Gesinsleraar) Bth (US); M-div (US); Lisensiaat in Teologie (US) "'n Gesonde samelewing begin by 'n gesonde gesin. Die gesin en die lede daarvan lewe nie net vir hul eie voordeel nie, maar word deur God in die wereld geplaas om 'n verskil te maak tot aanwins vir God se koninkryk. Eros se gemeente lede, ook die jeug, leef nie vir onsself niem maar vir die wereld."
|
|