| Dis Eenvoudig! |
|
|
|
Die hedendaagse lewe is vir baie van ons gejaagd, dis vinnig, dis onpersoonlik, moeilik, vol probleme, krisisse en druk. Daar is net nie meer tyd en plek vir gesonde verhoudings, die huwelik, familie en godsdiens nie. Ons het die piek van ons lewe bereik - waarheen nou? Na afloop van 'n baie suksesvolle jaartema van "Beter" in 2009, het ons besluit om 2010 se tema heel gepas "Eenvoudig" te hou. Want die lewe is veronderstel om sonder komplikasies en onnodige fieterjasies te wees. God se plan met ons is eenvoudig. Met hierdie tema, hoop ons om aan die einde van die jaar eenvoudiger te lewe met betrekking tot ons lewenspas, program, ritme, finansies, verhoudings, spiritualiteit en al die ander aspekte van ons daaglikse bestaan. Maar hoe eenvoudig dit ook al klink, dis is nie so eenvoudig nie, omdat daar duisende dinge is wat ons fokus aftrek en vervaag. In die eerste termyn van 2010 gaan ons dus kyk na "Eenvoudig Gefokus" omdat die lewe gaan oor fokus - die regte fokus laat jou eenvoudig lewe. Eros se visie is ook eenvoudig "Christus Alles... en In Almal". Ons fokus? Jesus! Ons glo dat as ons Jesus voor oe hou soos die skrywer van Hebreers 12, sal ons die lewe ten volle kan geniet en verstaan. Die geheim is om op God te fokus. Wat laat jou fokus verloor? Dinge soos bekommernis, verslawings, moedeloosheid, mislukkig, konflik, rusie, geheime, teleurstellings, moegheid, besige lewe, probleme, verkeerde keuses, skuld, finansies, gewoontes... noem maar op. Kom woon hierdie termyn ons eredienste by om weer jou visier op God te plaas. |
|