7 - 13 Feb 2010 PDF Print E-mail
Afkondigings - Die week se afkondigings
Thursday, 04 February 2010 00:00
kerk

Oggenddiens:    Ds Fourie (Doop)
Kleuterkerk (4 jr - Graad 2):   09:00
Jnr Cats (Gr 3-7):      09:45
Snr Cats (Gr 8-12):     17:00
Aanddiens       18:00 (Stildiens)
Midweek-erediens:       Woensdag 18:00
Biduur: Woensdag 18:00 (Konferensie-lokaal)
Volgende Sondag:        Ds Fourie (Doop)

 

NUWE AANDDIENS
Ons nuwe aanddiens is om 18:00 in die konferensie-lokaal. Hierdie diens gaan deur beide geestelike longe asemhaal nl. een week die linkerlong: dink, praat, logies redeneer, klets, bespreek en groei deur kontemporêre en relevante onderwerpe. En die daaropvolgende week die regterlong: stil, luister, meditatief, mistieke, en gebed deur die kontemplatiewe leefstyl.  Hierdie Sondag is dit 'n Meditatiewe Stildiens.  Dit gaan 'n besonderse geleentheid wees en almal is welkom!

EREDIENS-VERGADERING
Kom beplan en praat saam oor volgende Sondag se erediens, Dinsdagmiddag 17:15 in die kerkkantoor.
 
OESFEES
Ons Oesfees het verskuif na 28 Maart 2010, as gevolg van 'n skole sport-byeenkoms wat die 13e Maart plaasvind.  Die Oesfees is Eros se spesiale fondsinsamelingsprojek vir sosiale investeringsprojekte in die gemeenskap en hierdie jaar beplan ons 'n baie spesiale geleentheid op die Sondag, so teken solank hierdie datum in u dagboek aan en maak seker u loop dit nie mis nie!!

KOM BETYDS KERK TOE!
Eros se lede het daaraan gewoond geraak dat die eredienste bietjie later as 09:00 afskop, maar hierdie jaar wil ons graag versoek dat u reeds vanaf 08:50 kerk toe sal kom.  Ons wil graag ons voorsang dan doen tot en met die amptelike erediens wat stiptelik om 09:00 sal begin.  Dit is veral nodig om ons Jnr Cats die geleentheid te kan gee om vroeer die kerk te verlaat vir hul byeenkoms in die saal. 

Kom geniet ook 'n lekker koppie tee na afloop van die erediens op die blad en ontmoet nuwe mense of groet ou bekendes - dis 'n heerlike instelling en daar is ook 'n tent opgeslaan teen onbeplande weerstoestande! 

NUWE INTREKKERS
Indien u graag by ons gemeente sou wou inskakel, vul asb 'n vormpie by die deur in, of ontmoet 'n leraar na afloop van die erediens.

KONFERENSIE-LOKAAL/ KINDERKAMER
Vir ouers met kinders tussen 2 en 4jr is daar 'n sitkamer-kerk in die konferensie-lokaal ingerig sodat u die diens op video-verbinding kan volg terwyl u kinders kan rondbeweeg. Vir mammas met babas het ons die kinderkamer in die kerk ingerig.  Hierdie vertrek is nie bedoel vir die hele familie nie, aangesien daar mammas is wat wil borsvoed en ons vra dus dat u hierdie reeling sal respekteer! 

TEKS VIR DIE WEEK
Lees hierdie week:  Lukas 5:1-11

PREKE
Alle preke is op ons webtuiste te lees, en ook op CD by die Kerkkantoor beskikbaar.  Vir bestelling skakel: 226 157 NUWE BABA
Baie geluk aan Gysbert en Danene van der Westhuizen met die geboorte van Katryn!  Mag sy vir julle baie vreugde verskaf.

MEEGEVOEL
Ons dink aan Marien Alberts wat in die hospitaal is en wens haar spoedige beterskap toe.

GESINSKAMP
Ons jaarlikse Gesinskamp vind van 26-28 Februarie 2010 op Bloedkoppie plaas.  I-Dream Africa bied 'n fantastiese naweek vol avontuur aan teen slegs N$2 500-00 per gesin, etes ingesluit.  Kontak vir Ds. Ernst by 081 387 3114.

NAALDWERK PROJEK
Eros Kerk bied die afgelope 3jaar naaldwerk en handwerk klasse aan 1x per week vir Nama/Damara sprekende vroue by die kerk.  Die artikels wat vervaardig word, word verkoop as inkomste vir hierdie vroue.

Ons benodig helpers vir 2010* wat die vroue kan leer artikels maak wat verkoop kan word.  Ons benodig ook mense wat kan help met die verkoop van die handgemaakte artikels.  Hierdie projek kan net voortgaan indien ons vrywlligers uit die gemeente kry wat kan help.  Indien jy kan help, bel asb vir Elize Jacobs by 081 203 7880.

ONDER DIE KAMEELBOOM
Sondagmiddag skuif Pine, Jan en Clem Onder die Kameelboom in en gesels oor die aanstaande konferensie vir predikante sowel as 'n beoogde ouderlinge-konsultasie wat vir later vanjaar beplan word. Die program Onder die Kameelboom is 'n radio-inisiatief van die NGKN en saai elke Sondagmiddag om 12:00 oor Kanaal 7 se senders uit.

STRUKTUUR-INGENIEUR
Ons is dringend opsoek na 'n struktuur ingenieur om ons met 'n bou projek te help. Indien u van iemand weet of self een is, kontak asb vir Celeste 081 127 2609.

KINDERHUIS HULP
Ons is dringend opsoek na 'n persoon wat Donderdae-middae by Eros Kinderhuis kan help met die Graad 3-7 meisies.  Kontak vir Ds. Ernst of Cornelia Rix indien u belangstel.

SEKURITEIT
Ons wil weer 'n beroep op almal doen om asseblief NIE vir die karwagte by die kerk geld te gee of te vra om na u motors te kyk nie.  Ons het twee wagte wat elke Sondag die area beman, maar hulle kan slegs effektief wees indien ons ophou om die karwagte te lok.  Ons vra u samewerking in hierdie verband.

KLEIN ADVERTENSIES OP ONS WEB
Ons het 'n nuwe afdeling op ons webtuiste geskep waar u na hartelus u klein advertensies self kan gaan plaas!  Dit is nou enige iets van dienste en produkte adverteer tot werk soek en hulp vra!  Gaan besoek gerus www.ngeros.com en gaan na Koinonia/ Forum en plaas jou advertensies onder die afdeling Algemene Gesprekke/ Klein advertensies.  Daar is reeds 'n paar versoeke en aanbiedings!

Verjaarsdae
7 Februarie
Christa Burger  081 242 1245
Jaco    Engelbrecht     081 269 1051
Frans   Brink   081 124 5704
Francois        Jv Rensburg     081 124 1750
Anja    Carstens       
Mandie  Buhr    081 122 4195
Wilna   De Wet  231 204
       
8 Februarie
Ilana   Binneman        228 823
Peter   Herlé   081 127 0344
Eric    Knouwds 081 129 1312
Issie   Pretorius       233 889
Jan-Ernst       Potgieter       224 857
Estelle Mudge   081 127 3097
Johan   Tromp   081 127 2828

9 Februarie
Corien  Meyer   231 328
Jacobus Van Niekerk     243 861
Roelof  Van Niekerk

10 Februarie
Alta    Nel     081 242 2676
Sarel   Spies   081 129 0332
Hein    Cloete  081 122 0038
Andreé  Mudge   081 129 3531
Nadia   Marais  081 223 3827

11 Februarie
Elize   Reinders        231 622
Jan     Vd Westhuizen   081 242 5046
Ricardo Lamberio        081 243 4164
Gielie  Vermeulen       081 128 3171

12 Februarie
Sophia  Van Rooyen      081 124 6777
Lina    Myburgh 235 588
Heidi   Vermeulen       081 369 3113
Wessel  Struwig 222 404
Jurgen  Hennes  081 127 2258
Amelia  Maree   222 514

13 Februarie
Ingeborg        Baltes  081 276 7670
Anne    Oosthuizen     
Betsie  Serfontein      081 129 0123
Wessel  Struwig 222 404
Koos    Maartens        081 242 3045
Jaco    Mostert 235 880
Awie    Meyer   081 128 0530

 

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Bybel-Media