| Oesfees 2010 |
|
|
|
Oesfees 2010 is om die draai! Dit is een van Eros se groot fondsinsamelingsprojekte - met 'n verskil. Al die fondse gaan aan behoeftige sosiale en gemeenskapsprojekte geskenk word om so 'n verskil in die minder bevoorregte mense se lewens te kan maak. Hierdie is een van die baie maniere waarop Eros graag sy "Liefde vir Ander" beginsel wil uitleef. Vanjaar se mikpunt is om N$600 000 in te samel vir hierdie projekte, maar ons kan dit slegs met jou hulp regkry. Ons maak staat op u bydrae. Teken 28 Maart 2010 nou reeds in jou dagboek aan!Sondag, 28 Maart se program gaan as volg verloop: 09:00 Erediens en ontvangs van bydraes 08:30 - 11:30 Uitstalling van projekte in kerksaal 16:00 - 18:00 Vermaak vir kinders, pannekoek en saamkuier op Eros Rugbyveld 18:00 Ete 19:00 Mathys Roets Die koste verbonde aan Mathys Roets se vertoning is N$80 per persoon (laerskoolkinders en kleuters gratis), wat die ete insluit. Elke gesin moet net sy eie eetgerei en drinkgoed saambring. Kaartjies sal binnekort by die Kerkkantoor beskikbaar wees. Maak seker jy loop dit nie mis nie! |
|