|
Jeug -
Jeug
|
|
Tuesday, 29 June 2010 20:52 |
|
Die Tien Gebooie word tans in ons Sondae erediens behandel met behulp van waardes en kleure om ons te help om hierdie voorskrifte te volg. Maar hoe kan die Tien Gebooie op my lewe, as tiener, toegepas word? Ons kyk na maklike en praktiese maniere om dit te verstaan en deel van ons eie lewe te maak.
Die Tien Gebooie is definitief nie iets om voor bang te wees nie - God het bedoel dat dit ons moet lei om vry te wees en beter mense te wees in ons verhouding met Hom en ander. Dit is eintlik tien maniere om lief te he! Is dit nie die mooiste, sterkste boodskap nog nie?
Kry nog info by "My Lewe" onder die Jeug. Aan die einde van hierdie reeks, gaan ons nie net die gebooie ken nie, maar ook verstaan en kan toepas! Sien jou Sondae 09:00 in Eros kerk vir 'n opvolg hieroor... |
|
|
Jeug -
Jeug
|
|
Welkom by Eros-gemeente se CATS bladsy!
CATS staan vir Christelike Aksie vir Tieners en Skoliere - dus die plek waar jy moet wees! Eros-gemeente se Jeugbediening word gelei deur Ds Ernst Coetzee met behulp van 'n groep bekwame en passievolle dissipelleiers.
Die Jeugbediening is daarop gemik om 'n lekker kuierplek vir tieners te wees waar hulle sinvolle boodskappe deur middel van 'n verskeidenheid aktiwiteite kan kry.
Ons Junior Cats (Graad 3 - 6) kom Sondae-oggende 10:00 (net na die erediens) bymekaar, terwyl die Senior Cats (Graad 7 - 12) Sondae-aande van 17:00 af ontmoet. Ons wil jou graag daar sien! Behalwe die weeklikse kuier en lesse, is daar ook gereeld kampe, interessante besoekers en uitreik-geleenthede waarby jy betrokke kan raak. En natuurlik, die CATS Forum - waar jy jou foto's, nuus, opinie en wat ookal anders met die res van ons kan deel!

Ja! Ek wil graag per sms of epos in kennis gestel word van CATS-aktiwiteite.
|
|
|
|
|
|