Home
Welkom Tuis!

Welkom tuis by NG-Eros!  Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Eros is in Windhoek geleë en het sowat 1 700 lidmate op die register.

Ons gemeente se strategie berus op drie beginsels, naamlik Liefde vir God, Liefde vir Mekaar en Liefde vir Ander, soos elders op hierdie bladsy verduidelik. 

Indien u graag meer oor ons sou wou weet of by ons gemeente sou wou inskakel, stuur gerus 'n e-pos aan elsabe@ng-eros.com

Dis heerlike lente PDF Print E-mail

lentweek_2

September-maand is die begin van die lente, die seisoen van bloeisels, nuwe lewe, heerlike geure en warmer weer.  Dis ook die tyd vir opstaan, regruk, skoonmaak, uitreik, deel, gee.

Eros Kerk en Imago Dei bied vandeesmaand die "Social and Welfare Spring Bash" van 19 tot 21 September aan om juis gehoor te gee aan die sosiale kwessie van heel maak, nuut maak en lewe gee aan gemeenskappe wat dit so broodnodig het! 

Twee kundiges op die gebied van sosiale investering en gemeenskapsentrums, TJ Mare en De La Harpe le Roux, besoek Windhoek en lei die Maandagaand 'n gesprek met sosiale en maatskaplike projekte en ander rolspelers oor die begin van 'n verteenwoordigende forum/ beheerliggaam in Windhoek, die moontlike oprig van 'n gemeenskapsentrum, asook om met mekaar te netwerk en nuwe vennootskappe te vorm. Maandag, 20 September 2010.  18:00, Eros Kerk.  Kontak 061-226157 om te registreer

As deel van die Lenteweek wat aangebied word, nooi ons ook almal uit na 'n Lentediens die Sondagaand waar TJ Mare gaan preek.  Sondag, 19 September 2010.  18:00, Heja Kapel.

 Dit is die begin van 'n nuwe reeks Somerdienste wat Eros Kerk aanbied met die doel om ons heerlike aande te vier met relevante onderwerpe, veral op gesinne gemik.  Lekker saamkuier en saamsing vir die hele gesin word beplan.  Nooi asseblief al u vriende om hierdie inisiatief te ondersteun!  26 September, 23 Oktober (met Nedine Blom), 28 November.  Eros Laerskool Rugbyveld.  Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

Daar is oorgenoeg redes om die heerlike lente te vier!  Ons nooi u uit om hierdie termyn saam met ons Eenvoudig Geseend te leef!

 

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Die week se preek

  • Sit deksel op begeerte (15 Aug 2010)

    prism

     

    LEES EKSODUS 20 , MATTEUS 5:14-16 EN EFESIëRS 5:6-14

    Uit die reaksie wat ons gekry het, is dit duidelik dat die afgelope termyn se reeks vir almal spesiaal was. Baie dankie aan almal wat moeite gedoen het om in te val en die kleur van die week aangetrek het. Die samewerking en meelewing het die reeks iets besonders gemaak. Vandag sluit ons die reeks af deur alles saam te vat sodat ons iets het om saam te vat vorentoe.

    1.As ‘n mens wit lig op ‘n prisma laat skyn, word dit in ‘n reenboog van kleure opgebreek. ‘n Mens kan dit natuurlik omkeer ook en sê dat al die kleure saam dus vir ons by wit lig uitbring. Ons Here is lief vir en geniet verskeidenheid. Daarom is daar soveel verskillende mense en elkeen verteenwoordig ‘n ander kleur. Daar is niks mee verkeerd dat ons verskillend is, dink en doen nie. Maar wanneer dit by die (Here se) kerk se werk kom, moet ons ‘n eenheid vorm sodat die wit lig die duisternis van die wêreld kan verdryf. Ons het juis die verskeidenheid van kleure nodig om saam wit lig te kan verskaf, maar dan moet ons saamstaan en saamwerk.

Die week se afkondigings

  • 5 - 11 September 2010

     blom 1

    Sondag Oggenddiens      09:00   Ds Johann

    Kleuterkerk (4-8jr)     Begin 12 Sept  

    Jnr Cats (Gr 3 - 6)     Begin 12 Sept   
    Snr Cats (Gr 7 - 12)    Begin 12 Sept   
    Aanddiens: Meditatiewe diens    Begin 12 Sept   
    Woensdag: Midweekdiens  18:00   Ds Johann 
    Volgende Sondag:        09:00   Ds Fourie

    SOMERTYD BEGIN
    Namibiers gaan Sondagoggend terug op Somertyd.  Onthou asseblief om u horlosies een uur vorentoe te draai Saterdagaand, anders gaan u nie betyds vir kerk wees nie!

Bybel-Media