Info
Senior Boarder
Posts: 74
|
|
Riglyne van verslawing 7 Months ago
|
Karma: 0
|
|
Die twaalf riglyne van Alkoholiste Anoniem, soos aangepas deur Carnes (2001:170), is die volgende:
1. Ek erken dat ek magteloos is ten opsigte van my verslawing en dat my lewen buite beheer geraak het.
2. Ek glo dat die krag van God wat groter as myself is, vir my genesing kan bewerkstellig.
3. Ek maak ’n besluit om my eie wil en lewens aan God se sorg toe te vertrou.
4. Ek maak ’n deurtastende en vreeslose inventaris van myself.
5. Ek erken teenoor God, myself en ook teenoor ’n ander persoon die presiese aard van my oortredinge.
6. Ek is algeheel gereed om God toe te laat om hierdie foute in my karakter te verwyder.
7. Ek vra Hom nederig om my tekortkominge uit die weg te ruim.
8. Ek maak ’n lys van al die persone vir wie ek skade berokken het en is gewillig om teenoor almal regstellings te maak.
9. Ek stel sake reg teenoor alle sodanige persone, behalwe waar so ’n aksie tot hul nadeel of tot die nadeel van andere mag wees.
10. Ek gaan voort om persoonlik boek te hou van oortredinge, en waar ek verkeerd is, dit onmiddellik te erken.
11. Deur gebed en meditasie streef ek daarna om my bewustelike kontak met God te verbeter. Ek bid vir kennis aangaande Sy wil vir my, asook die krag om dit uit te voer.
12. Nadat ek geestelike vernuwing beleef het op grond van hierdie stappe, probeer ek om hierdie boodskap ook aan andere deur te gee, en om hierdie beginsels deurgaans toe te pas.
Indien jy graag met 'n leraar sou wou gesels, kan u hulle persoonlik kontak of die Kerkkantoor.
|
|
|
|
Logged
|
|
|
The administrator has disabled public write access.
|
|
|
|
Re:Riglyne van verslawing 6 Months, 2 Weeks ago
|
Karma: 0
|
|
Dit is vir my baie waardevol dat jy hierdie riglyne gevind en geplaas het, Fourie.
Vraag: moet 'n mens 'n medegelowige familielid oor sy oenskynike drankverslawing aanspreek of nie?
|
|
|
|
Logged
|
|
|
The administrator has disabled public write access.
|
|
|
|
Re:Riglyne van verslawing 6 Months, 2 Weeks ago
|
Karma: 0
|
|
beste Ulf, dit bly maar 'n baie moeilike en sensitiewe saak want die 'key' volgens my is verhoudings. indien daar 'n goeie verhouding tussen jou en die persoon is, sal jou aanspreek nie as 'n veroordeling of 'n beskuldiging voorkom nie. maar as daar geen verhouding is nie sal die persoon voel jy kritiseer, veroordeel, en dat jy nie regtig al die feite ken nie so hoe kan jy iets se?
dit bekelmtoon vir my dat die Chrostelike geloof oor verhoudings, en nie net oor waarhede, dogmas en reels, gaan nie.
hoop ek help?
fourie
|
|
|
|
Logged
|
|
|
The administrator has disabled public write access.
|
|
|
|
Re:Riglyne van verslawing 6 Months ago
|
Karma: 0
|
|
Dankie, Fourie, dit bevestig wat ek uit ander bronne ook al gekry het.
Vanuit die perspektief van 'n verhouding-gedrewe gesprek beteken dit ook dat 'n mense se motiewe daar baie belangrik is. 1 Kor 13 verduidelik dan nou baie daarvan.
Dankie!
Ulfried
|
|
|
|
Logged
|
|
|
The administrator has disabled public write access.
|
|