Home Koinonia Forum
NG Eros
Welcome, Guest
Please Login or Register.    Lost Password?
Wat is jou ervaring van die aanddiens?
(1 viewing) 1 Guest
Bespreek die onderwerpe wat in ons nuwe aanddiens behandel word, in hierdie afdeling.
Go to bottom
TOPIC: Wat is jou ervaring van die aanddiens?
#27
Info
Senior Boarder
Posts: 74
graph
User Offline Click here to see the profile of this user
Wat is jou ervaring van die aanddiens? 7 Months ago Karma: 0
Ons het verlede week begin met ons nuwe Aanddiens. Ons veronderstelling was om die aanddiens af te wissel tussen 'n gespreksdiens (oor 'n relevante onderwerp) en 'n meditatiewe stildiens (waar ons kan luister na wat die Here se).

Ongelukkig kan mens nooit almal tevrede stel met die formaat en ritme waarop ons besluit het nie, maar u opinie kan ons tog daartoe lei om hierdie geleenthede beter en meer relevant te maak.

Sal dit in jou behoeftes voldoen? Wat verwag jy van beide hierdie geleenthede? Sal jy daar wil kuier of stel jy meer belang in 'n formele preekstyl?

Ons hoor graag van u!
 
Logged Logged
  The administrator has disabled public write access.
#38
Vlam
Fresh Boarder
Posts: 6
graphgraph
User Offline Click here to see the profile of this user
Re:Wat is jou ervaring van die aanddiens? 6 Months, 1 Week ago Karma: 0
Ek sou graag die aanddienste wou bywoon, maar is net versigtig oor die kontinuiteit - is dit nie verwarrend om die ritme van hierdie dienste te verbreek met allerande tipes dienste nie.

Dalk kan ons eerder daarna kyk om 'n plekkie vir elkeen van hierdie dienste in die program te maak, maar nie almal op dieselfde dag en tydgleuf nie. Nie almal lees die afkondigings nie en as jy dus graag 'n aanddiens wou bywoon, maar daar aankom, is iets anders aan die gang.

Miskien is die probleem dalk die benaming - dan moet dit nie 'n aanddiens genoem word nie... Dis verwarrend vir my.

Gooi maar net 'n klip in die bos!
 
Logged Logged
  The administrator has disabled public write access.
#40
ulfried
Fresh Boarder
Posts: 8
graphgraph
User Offline Click here to see the profile of this user
Gender: Male Birthday: 06/09
Re:Wat is jou ervaring van die aanddiens? 6 Months ago Karma: 0
Kan goed verstaan dat sommige aanddiens gangers sou verkies om te kan staatmaak op 'n gereelde (bv. elke Sondagaand) diens in 'n mini of meer voorspelbare formaat. Ritme help.

Aangesien die meditatiewe diens tans nie die groot ruimte van die kerk benodig nie, sou dit dus moontlik wees om gelyktydige gebeure te akkommodeer.

As dit met die diensbeurte van ons dominees kan uitwerk, sou ek daarmee saamstem.
 
Logged Logged
  The administrator has disabled public write access.
Go to top

Warm nuus

Praat saam op die Forum

Vers vir die Dag

Bybel-Media